Pamela Anderson op die stel van The Ellen DeGeneres Show FOTO: YouTube

Het jy gehoor?

Pamela Anderson skei toe nie

SARIE.com het onlangs berig dat die aktrise en bekende persoonlikheid Pamela Anderson gaan skei. Nou berig Daily Mail dat sy besluit het om tog nie met die skeisaak voort te gaan nie. 

Dit sou die tweede keer gewees het dat Pamela van Rick Salomon skei. Die eerste keer was in Julie 2014 – net 6 maande nadat hulle getrou het.

Hulle het vanjaar in Julie weer aangekondig dat hulle gaan skei – ongeveer 8 maande nadat hulle vir die tweede keer getrou het. Maar nou het hulle dringend vir die hof gevra om dié versoek te ignoreer.

Pamela Anderson op die stel van The Ellen DeGeneres Show FOTO: YouTube

Pamela Anderson op die stel van The Ellen DeGeneres Show FOTO: YouTube

Bronne: CNN en Daily Mail