Het jy gehoor?

Pamela Anderson skei weer – vir die derde keer

Die Amerikaanse model en aktrise Pamela Anderson gaan weer van haar man, Rick Salomon, skei – vir die derde keer, berig People.com.

Pam en die poker-speler Rick het vir die eerste keer in 2007 getrou, maar net ná 2 maande die huwelik ongeldig laat verklaar.

Die paartjie het weer aan die begin van 2014 getrou, maar 6 maande daarna het Pamela weer vir ’n egskeiding gevra.

Voordat dít afgehandel is, het sy vir die regter gevra om tussenbeide te tree en die proses te stop.

Sy het verlede jaar in September 2014 aan People vertel dat sy optimisties is oor die huwelik. “Dit is ’n regte huwelik. Dit het sy ups en downs.”

Maar nou lyk dit asof dié optimisme misplaas was.

 Daily Mail  berig dat Pamela Anderson en Rick Salomon vir die derde keer gaan skei SKERMGREEP:  Daily Mail

Daily Mail berig dat Pamela Anderson en Rick Salomon vir die derde keer gaan skei
SKERMGREEP: Daily Mail

Pam was voorheen met Tommy Lee en Kid Rock getroud. Sy het twee seuns uit haar huwelik met Tommy Lee, Dylan Jagger en Brandon Thomas.

Bronne: Daily Mail, People.com en People

Lees nou