NEW YORK DAILY NEWS

Het jy gehoor?

Pamela Anderson skei (weer)

Net 6 maande ná Pamela Anderson (47) vir die tweede keer met Rick Salomon (45) getroud is, staan dié twee wéér op skei. Só berig People.com. Daar is dinge waaroor hulle glo fundamenteel verskil, en dit bly onversoenbaar. 

Anderson se woordvoerder het gevra dat die media haar en haar familie se privaatheid respekteer.

Anderson en Salomon het in Oktober 2013 onthul dat sy en Salomon weer bymekaar is, en hulle is in Januarie vanjaar getroud.

Lees die volledige artikel hier

Is jou verhouding in ‘n doodloopstraat?

Lees Imago-terapeut Grete Becker se verhoudingsblog hier. Sy gee raad en beantwoord jou vrae.