FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Het jy gehoor?

Paralimpiese atleet Anruné Liebenberg wen goud by Wêreldbyeenkoms

Die paralimpiese atleet Anruné Liebenberg het ’n goue medalje gewen in die 400 m by die Wêreldbyeenkoms vir Paralimpiese atlete in Doha, Katar, berig Die Burger

Anruné het in die T47-afdeling vir atlete met amputasies deelgeneem en die item gewen met ‘n tyd van 56,65 sekondes.

By die Paralimpiese Spele in 2012 het Anruné silwer vir die 200 m en brons vir die 400 m gewen. Sy het vir SARIE vertel hoe dit gevoel het:

Die oomblik toe ek oor die wenstreep is, het ek besef dis silwer. Ek het na my ouers gehardloop … Die gevoel was oorweldigend: groot, groot vreugde, maar ook hartseer, om te dink hoeveel dit geverg het om hier te kom, en hoeveel mense my ondersteun het.”

Suid-Afrika het reeds 8 medaljes by vanjaar se Wêreldbyeenkoms vir Paralimpiese atlete gewen. Ilse Hayes het ook goud gewen vir die T14 200 m. Dyan Buys het twee silwer medaljes gewen vir die T38 200m en T38 hoogspring. Nog ’n silwermedalje het aan Reinhardt Hamman gegaan vir die F38 gewigstoot. Fanie van der Merwe het brons gewen vir die T37 200 m-item. Nog bronsmedaljes is deur Hilton Langenhoven en Ntombizanele Situ gewen vir die T12 400 m en die F54 spiesgooi onderskeidelik.

Bronne: Die Burger en Paralympic.org

Welgedaan julle!

Lees ook