Het jy gehoor?

Paris Hilton het nou ‘n regte werk!

Die hotelmagnaat se dogter het ‘n kontrak geteken om die legendariese Ibiza-klub Amnesia se
platejoggie te wees.

Paris Hilton

Sy het onlangs vir ‘n paar weke tydens ‘n fees hier musiek gemaak en dié klub was so beïndruk met haar dat hulle gevra het of sy die hele volgende jaar weer vir hulle sal speel. Die eienaar van die klub was blykbaar eers huiwerig om haar aan te stel, maar was oorgehaal toe hy gesien het hoe die partytjie-gangers teenoor haar reageer het.

Paris Hilton nóú ‘n brunet?

Dit is nie duidelik hoeveel haar salaris gaan wees nie, maar dit is dié 32-jarige ster se tweede probeerslag in die musiekbedryf. Sy het in 2006 ‘n album vrygestel, maar dit was nie baie suksesvol nie. Sy het ook ‘n nuwe album, Oh Paris.

Bron: TVNZ