FOTO: Instagram @parishilton

FOTO: Instagram @parishilton

Het jy gehoor?

Paris Hilton oor vliegtuig-poets: “Ek dog ek gaan dood!”

Was dit nie vir die Egiptiese akteur Ramez Galal nie, sou niemand geweet het hoe vreesbevange die sosiale vlinder Paris Hilton kan raak nie. Huffington Post berig dat dié Egiptiese TV-aanbieder vir Paris laat glo het dat hul vliegtuig verongeluk. 

Paris en ander passasiers het benoude oomblikke beleef in ’n poets wat Ramez beplan het.

Peace out NYC! Taking off to Milwaukee! #SummerFest2015

A photo posted by Paris Hilton (@parishilton) on

Die vlieënier het waaghalsige toertjies uitgehaal wat dit laat voel het asof die vliegtuig val, en selfs die alarms het afgegaan. Volgens E!Online het ’n passasier tydens die vlug die agterste deur van die vliegtuig oopgemaak en ’n man daar uitgegooi, waarop Paris angstig uitgeroep het dat sy nie wil spring nie!

Paris het gehuil, gegil en geglo dat dit werklik ’n noodgeval is.

Nie lank daarna nie het die vliegtuig veilig geland en die passasiers is ingelig dat dit net ’n grap was.

Dink jy dié poets het bietjie té ver gegaan?

  • Ja
  • Nee

Bronne: Huffington Post en E!Online

Lees ook