Het jy gehoor?

Parlotones klim Kilimanjaro vir vroue

Dit is ‘n VN-veldtog wat wêreldwyd ‘n bewustheid rondom veral vroue- en kindermishandeling wil skep. “Dis baie hartseer om te sien dat daar selfs in vandag se tye soveel barbaarse optrede is,” het Kahn Morbee, hoofsanger van die Parlotones gesê.

Hulle sou aanvanklik die temalied geskryf het, maar hul betrokkenheid het nie daar gestop nie. “Ons het besluit om die berg te klim, dit is ‘n simboliese teken van ons kant af,” het Kahn gesê.

“Dis my persoonlike uitdaging om dit te maak tot bo, en as ‘n groep wil ons ons dade by ons woorde sit,” het hy bygesê.

Hulle is op ‘n strawwe voorbereidingsprogram wat sowat 8 weke duur. Hulle het al ‘n hele paar staproetes aangedurf, en selfs met swaarsakke om die gholfbaan gestap om gewoond te raak aan die gewig van die sak.

Hul nuwe album Journey through the Shadows sal gebruik word om sosiale veldtogte soos hierdie te dryf.