FOTO: Pasella aanbieders @denziljacobs

FOTO: Pasella aanbieders @denziljacobs

Het jy gehoor?

‘Pasella’ kry drie nuwe gesigte

Een van Suid-Afrika se gunsteling-leefstylprogramme, Pasella, kry drie nuwe aanbieders. Mishka Patel, Sean-Marco Vorster en Carmen Pretorius sal nou elke Vrydag om 19:30 op SABC2 te sien wees.

Mishka Patel is ’n voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis en het verlede jaar onder die top-10 geëindig in SABC3 se talentsoek-program Presenter Search.

Sean-Marco Vorster is ’n aanbieder van Naweek op SABC3 en het rolle vertolk in flieks soos Lyfstraf, Die windpomp en Strikdas.

Selfie@blacksails A photo posted by Sean-Marco (@seanmarcov) on

Carmen Pretorius is ’n aktrise wat al verskeie rolle vertolk het in beide films en sepies. Sy het die hoofrol vertolk in die Afrikaanse fliek Lien se lankstaanskoene en het in ander musiekblyspele soos Jersey Boys, The Sound of Music en High School Musical gespeel

@CarmPretorius: Thank you Lindy @FacialArt_Jacky for my gorgeous blonde! 2016 here we come!#nomakeup #blondie #NuweJaar #lovemyjob

A photo posted by Carmen Pretorius (@carmenpretoriusofficial) on

Hulle drie sluit aan by die huidige aanbieders Paul Rothman, Dieter Voigt, Melinda Bam, Vicky Davis, Lynelle Kenned en Hemelbesem.

 

Lees ook: