partick dempsey
Het jy gehoor?

Patrick ‘McDreamy’ Dempsey gaan in Bridget Jones-fliek speel

Die Hollywood-hunk Patrick Dempsey sal in die derde Bridget Jones-fliek te sien wees, berig Coming Soon

Renée Zellweger en Colin Firth sal weer die hoofrolle as Bridget en haar aan-en-af- kêrel, Mark Darsy, vertolk. Sharon Maguire, wat die regisseur van die eerste Bridget Jones-fliek in 2001 was, sal weer dié rol oorneem vir die derde fliek. Maar Hugh Grant sal nie weer sy verskyning maak nie.

Hoewel die storielyn so ver moontlik geheim gehou word, kan ons verklap dat Bridget in die komende fliek ’n baba gaan kry. Nou is die vraag net of die baba Mr Darsy of die nuwe karakter, wat McDreamy gaan vertolk, s’n gaan wees?

Volgens Variety is dit Patrick se eerste fliek sedert Transformers: Dark of the Moon wat in 2011 bekend gestel is. Hy is bekend vir sy rol as dr. Derek Shepard in die gewilde TV-reeks Grey’s Anatomy.

Bron: Coming Soon en Variety

Lees ook