Meadow saam met haar oorlede pa, Paul Walker
FOTO: Facebook

Meadow saam met haar oorlede pa, Paul Walker FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Paul Walker in nuwe Fast & Furious-lokprent

Wyle Paul Walker maak ’n verskyning in die nuwe Fast & Furious-lokprent, berig Hello! 

Fast & Furious 7 se lokprent prop alles in die 3 minute wat ‘n mens van dié genre verwag: ontploffings, vinnige karre, gewere, geweld en bekende gesigte soos Vin Diesel, Jason Statham, Dwayne Johnson en natuurlik Paul Walker.

Die video begin met die span wat saam middagete geniet en Vin Diesel wat sê: “Die belangrikste ding in die lewe sal altyd wees die mense wat nou hier is.” Dan skielik is daar ’n ontploffing …

Kyk die lokprent hier: