Paul Walker as die gesig van Davidoff Cool Water

Paul Walker as die gesig van Davidoff Cool Water

Het jy gehoor?

Paul Walker se broer volg in sy voetspore

Oorlede akteur Paul Walker se broer Cody Walker is te sien in die Tweede Wêreldoorlog-rolprent USS Indianapolis: Men of Courage, berig People.

Variety berig dat dié fliek, wat volgende jaar bekend gestel word, geïnspireer is deur ware gebeure. Nicolas Cage vertolk een van die hoofrolle.

Die 27-jarige Cody het sy eerste verskyning op die grootskerm gemaak toe hy en sy broer, Caleb, gehelp het om Paul se laaste fliek, Furious 7, klaar te maak.

FOTO: Instagram @codywalkerroww

Cody Walker op die stel van USS Indianapolis: Men of Courage
FOTO: Instagram @codywalkerroww

Verlede jaar het die skrywers bevestig dat Cody in opkomende Fast and the Furious-flieks sal verskyn: “Ter ere van Paul sal Cody die Walker-naam voortdra. Cody sal aansluit as ’n heel nuwe karakter.”

Paul het aan die einde van 2013 in ’n motorongeluk gesterf.

Bronne: Variety en People

Lees nou