paul walker
Het jy gehoor?

Paul Walker se dogter begin liefdadigheidsprojek in sy naam

Die ontslape akteur Paul Walker, wat veral bekend is vir sy rol in die Fast and Furious-flieks, sou gister sy 42ste verjaardag gevier het. Sy 16-jarige dogter, Meadow, het die Paul Walker-stigting ter ere van hom bekend gestel, berig Hello!.

Dié stigting sal poog om ons oseane en seelewe te beskerm.

Meadow het op haar Instagram-blad vertel hoe lief haar pa vir die see was. Sy sê hy het ook ’n passie gehad om ander mense te help en dat sy dié spontane welwillendheid wil laat voortleef. Volgens die stigting se webblad is Meadow baie trots op haar pa se nalatenskap.

E! News berig Paul het mariene biologie studeer en hy was baie passievol oor die see.

Bronne: Hello!E! News en PaulWalkerFoundation.org

Lees ook