paul walker
Het jy gehoor?

Paul Walker se dogter sleep Porsche hof toe

Meadow Walker, dogter van die ontslape akteur Paul Walker, wil die motorreus Porsche dagvaar vir haar pa se dood, berig E! Online

Die 16-jarige glo die Porsche Carrera GT waarin Paul en sy vriend Roger Rodas verongeluk het, was nie veilig nie. Sy glo as die voertuig oor sekere veiligheidskenmerke beskik het, kon dit die ongeluk voorkom het of ten minste gekeer het dat hulle sterf.

Volgens die dagvaarding het Porsche geweet dat die spesifieke voertuig al voorheen probleme gegee het. Blykbaar was die sitplekgordel wat Paul aangehad het ook foutief en het dit gekeer dat hy kon ontsnap voor die kar aan die brand geslaan het.

Meadow saam met haar oorlede pa, Paul Walker FOTO: Facebook

Meadow saam met haar oorlede pa, Paul Walker
FOTO: Facebook

Volgens People is die bedrag waarvoor Meadow Porsche dagvaar nie bekend nie. Haar prokureur, Jeff Milam, het in ’n verklaring gesê die Porsche Carrera GT hoort nie op die pad nie.

Aanvanklik is die rede vir die ongeluk toegeskryf aan spoed, maar nou word beweer dat die bestuurder, Roger, tussen 100 – 114 km/h gery het.

Paul en Roger is op 30 November 2013 in Santa Clarita, Kalifornië, oorlede.

Bronne: E! Online en People 

Lees ook