Zeus FOTO: Facebook

Zeus FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

‘Pawpaw': Die darling van die loket!

’n Pawpaw vir my darling se byt is beslis so goed soos sy blaf! In net vyf dae het dié rolprent reeds R1,1 miljoen by die loket verdien.

Koos Roets se rolprent, wat op Jeanne Goosen se roman gebaseer is, vertel die verhaal van die Beeslaers in Damnville, Johannesburg. Die ster van die prent is Zeus, in die rol van Tsjaka, die “handsomeste hond in Damnville”.

Lydia van der Merwe wou agterkom of Zeus se blaf erger as sy byt is.

Jy speel Tsjaka, die altyd hongerige, senuweeagtige pavement special van die Beeslaers. 

Tsjaka is ’n gekompliseerde karakter. Nie net moes ek sy sensitiwiteit, intelligensie en humorsin oordra nie, maar die rol vereis ook ’n buitengewoon aantreklike akteur. Ek dink my oë doen ook nogal die ding!

Hoe het jy saam met die tweebeen-“diere” gewerk?

Die meeste van hulle is hondeliefhebbers … hoewel Koos [Roets] twee worshonde in sy familie het. Dit tel ’n bietjie teen hom, want worshonde se eiesinnigheid en hardegatgeit dryf hul eienaars tot ’n erger graad van gekheid! Siestog.

Hoe het jy en Koos gekliek?

Baie goed, al is hy nie heeltemal op my intelligensievlak nie. En jy kan duidelik sien hy is nie meer heeltemal lekker in die kop nie. Daarvoor plaas ek die blaam op sy twee worshonde, Miekie en Wilmien. Die enigste bietjie sensibility kom maar van sy schnauzer, Karel. Karel wil self graag regie doen en ek vermoed hy het vir Koos baie gehelp om Jeanne [Goosen, skrywer van die gelyknamige boek] se teks beter te verstaan.

Lees die res van die onderhoud in SARIE se Februarie-uitgawe. Op die rakke van Maandag 18 Januarie.

Lees ook