FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Peaches Geldof se tragiese dood eggo haar eie ma se dood

Die Ierse filantroop en musieklegende sir Bob Geldof se 25-jarige dogter Peaches se dood vroeër vanjaar het die wêreld geskok. Die oorsaak van dié TV-aanbieder se dood was vir lank onbekend, maar blykbaar bied die toksikologie-verslag antwoorde.

Die jong Britse ster se lyk is verlede maand in haar huis gevind. Die polisie kon nie dadelik vasstel hoe sy dood is nie. Mense het beweer sy is oorlede aan ’n oordosis heroïen, maar geen bewyse hiervan is in die huis gevind nie, berig Daily Mail. Lees die volledige artikel hier.

Haar jongste seun, Phaedra (11 maande), was in die huis ten tyde haar dood. Haar eersteling, Astala wat ’n jaar ouer is, was nie by die huis nie.

Peaches se Twitter-blad wys hoe lief sy haar seuns gehad het

Peaches se Twitter-blad wys hoe lief sy haar seuns gehad het

Peaches se ma, Paula Yates, het in 2000 weens ‘n heroïen-oordosis gesterf. Paula was 41 jaar oud. Ten tyde haar dood was Peaches se stiefsuster, Tiger Lily, toe net 4 jaar oud, ook in die huis.

Ure voor haar dood het Peaches dié foto van haarself en haar ma op haar Instagram-blad gedeel. Haar Instagram-profiel is ná haar dood verwyder.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Peaches het ’n geskiedenis met dwelms en is in 2008 in verband met dwelmhandel deur die polisie ondervra. Net ’n paar maande later is die paramedici ontbied toe sy ná ’n oordosis vir ’n paar minute nie asem gehaal het nie.

Daily Mail berig dat Peaches se toksikologie-verslag bevestig dat sy ook, soos haar ma, weens ’n heroïen-oordosis gesterf het.

Haar begrafnis verlede maand by die St. Mary Magdalene- en St. Lawrence-kerk in Davington is dieselfde kerk waar Peaches in 2000 afskeid van haar ma moes neem. Dis ook hier waar Peaches gedoop en later met Tom Cohen (die pa van haar kinders) getrou het. Talle van haar bekende vriende soos Sarah Ferguson en Kate Moss het die begrafnis bygewoon.

Bronne: Daily Mail en The Guardian