Het jy gehoor?

‘Pearl Harbor’ + ‘Armageddon’-filmman kies SA

As jy in die Kaap woon en onlangs verby die Kaapstadse Film-ateljee op die N2 gery het, het jy waarskynlik die groot seerowerskepe opgemerk.

Min wetend dat die vervaardiger van groot films soos Armageddon, Pearl Harbor en Transformers besluit het om sy volgende projek in die Kaap te kom skiet – en die keer handel dit oor seerowers!

Michael Bay

Dié reeks, Black Sails, speel 20 jaar vóór Treasure Island (die klassieke boek van Robert Louis Stevenson) af. Die reeks volg vir Kaptein Flint, die beste en mees gevreesde seerower van sy tyd. Sy bemanning sluit in bekende seerowers soos John Silver.

Dit beloof om vol opwinding en aksie te wees!

[box:full:red:both]

Rolprente wat in Suid-Afrika geskiet is:

The Bang Bang Club

Blood Diamond

Chronicle

Cry, the Beloved Country

Dark Tide

Distrcit 9

Dredd

Endgame

Free Willy: Escape from Pirate’s Cove

Home Alone 4

Invictus

Lord of War

Mad Max: Fury Road

A Reasonable Man

Safe House

The Scorpion King 2: Rise of a Warrior

Spud

Zulu

[/box]

Black Sails begin eers in 2014 in Amerika wys, maar hier is solank ‘n voorskou van dié aksiereeks: