Penélope Cruz
Het jy gehoor?

Penélope Cruz knip haar hare kórt

Ons het aanvanklik gedink Penélope Cruz het haar hare afgesny, maar ons het intussen uitgevind sy het ’n pruik aangehad vir dié Vogue voorblad wat gepaard gaan met haar nuwe fliek Ma Ma.

Hier volg die oorspronklike storie:

Hollywood-aktrise Penélope Cruz is op die voorblad van die Spaanse Vogue se September-uitgawe met ’n kortgeknipte pixie-haarstyl.

Die 41-jarige skoonheid het haar kenmerkende lang, donker hare verruil vir ’n kort styl wat aan dié van Audrey Hepburn herinner.

penelope cruz

Die première van haar nuutste fliek, Ma Ma, waarvan sy ook die vervaardiger is, is op 15 September by die Toronto-filmfees, berig Deadline.

A photo posted by Vogue España (@voguespain) on

Bronne: Vogue en Deadline

Lees ook