Philip Seymour Hoffman
Het jy gehoor?

Philip Seymour Hoffman oorlede

Bekende Hollywood-akteur Philip Seymour Hoffman (46) is vandag oorlede, berig New York Daily News

Die akteur en pa van drie is vandag, Sondag 2 Februarie, in sy woonstel in New York gevind. Volgens bronne is hy oorlede as gevolg van ’n oordosis heroïne, maar die polisie kon dit nog nie bevestig nie. Onbevestigde bronne het ook gesê dat hy met ’n naald is sy arm gevind is, berig dié dagblad op hul webtuiste. 

Hy het in ’n onderhoud in 2006 erken dat hy begin dwelms gebruik het net ná hy universiteit verlaat het, maar dat hy as 22-jarige besef het hy moet ophou.  In Mei 2013 het Philip na ’n rehabilitasie-kliniek gegaan nadat hy ná 23 jaar weer dwelms gebruik het.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Philip het in 2005 ’n Oscar gewen vir sy rol in Capote. 

Hy is ook bekend vir onder meer die volgende films: The Hunger Games, The Master, Charlie Wilson’s War, Moneyball, Doubt, en The Savages. Hy sou blykbaar nou die regisseur van die film Ezekiel Moss gewees het waarin Amy Adams en Jake Gyllenhaal sou speel.

Bron: New York Daily News

Sielkundige Louis Awerbuck blog oor verslawing. Lees dit HIER.