'n Foto van aktrise Mila Kunis as deel van David se projek
FOTO: xmasterdavid

'n Foto van aktrise Mila Kunis as deel van David se projek FOTO: xmasterdavid

Het jy gehoor?

Photoshop vir ’n ander rede op dié bekendes aangewend

Die 20-jarige Spaanse kunstenaar David Lopera is besig om wêreldwyd naam te maak met sy nuwe projek.

David gebruik Photoshop om vir bekendes ’n paar ekstra kilogramme aan te sit of swanger te laat lyk. Die rede? Hy wil hê mense moet gesond wees en hul lywe aanvaar – maak nie saak of jy rietskraal is of nie.

Hy gebruik foto’s van bekendes om ons skoonheidstandaarde te bevraagteken. Hiermee sê hy om mooi te wees, hang nié af van hoeveel jy weeg nie. Hy skryf op sy Facebook-blad:

Dit is onmoontlik om iemand se gesondheid te bepaal deur na hul liggaamsvorm en -grootte te kyk.

Hier is van die foto’s wat hy gedokter het:

Kyk na nog van David se foto’s HIER.

Lees nou