Het jy gehoor?

Pierce Brosnan se dogter verloor kankerstryd

Dié ma van twee het ‘n drie jaar lange stryd teen kanker gehad.

“Op 28 Junie het my geliefde dogter Charlotte Emily haar stryd teen kanker verloor en het sy nou die ewige lewe binne getree,” het Brosnan gesê. Hy was ten tyde haar dood in Oos-Europa besig om te verfilm aan November Man, ‘n riller-speurverhaal. “Sy was omring deur haar man, Alex, haar kinders, Isabella (15) en Lucas (8), en haar broers Christopher en Sean,” het Brosnan gesê.

“Sy het haar stryd teen kanker met genade, moed en waardigheid geveg. Ons hare is swaar ná ons pragtige dogter weg is,” het hy gesê.

SARIE-leser vertel van haar reis met kanker

“Ons bid vir haar en dat daar ‘n deurbraak in die genesing van dié siekte sal wees. Ons is dankbaar vir almal se ondersteuning,” het Brosnan gesê.

Charlotte was 9 jaar oud toe haar ma, Cassandra, in 1980 met Brosnan getroud is. Brosnan het haar in 1986 aangeneem. Dit het gebeur ná haar biologiese pa, Dermot Harris, daardie jaar oorlede is.

Sharon Osbourne kry ‘n dubbele mastektomie

Drie jaar na Cassandra se dood het Brosnan die joernalis Keely Shaye Smith ontmoet en in 2001 met haar getrou. Hulle het twee seuns, Dylan (16) en Paris (12).