sr0907pieter_4_
Het jy gehoor?

Pieter Koen nuwe Jukebox-aanbieder na Kurt waai

“Na drie jaar het Kurt besluit dat daar ’n nuwe fase in sy loopbaan is. Hy gaan vir eers fokus op musiek, wat steeds die naaste aan sy hart lê,” het kykNET op Twitter gesê.

Kurt het op sy Twitterblad dieselfde laat hoor: “Ek is so opgewonde. Na drie jaar op Jukebox maak ek klaar die naweek. Hier kom groot dinge!”

Pieter Koen gesels met sarie.com:


Hoe voel jy oor die nuwe wending in jou loopbaan?

Ek is so opgewonde hieroor dat ek letterlik nie my lag kan hou nie. Dit terwyl ek bewus bly van die reuse verantwoordelikheid om dié ongelooflike werk wat Kurt gedoen te bly doen en dit vol te hou.

Hoe het jy gevoel toe jy hoor jy is die nuwe aanbieder?

Ek was letterlik soos ’n klein seuntjie en het gesukkel om my emosies te beheer. Ek dink ek het gegiggel soos ’n dogtertjie en my biscuit amper uit lit uit geskud!

Wanneer kan ons jou eerste episode sien?

Volgens beplanning gee Kurt amptelik die leisels aan my oor eerskomende Sondag, 12 Junie 2011.

Gaan jy steeds betrokke wees by Kwêla?

Soos onderhandel met Pieter Cilliers Produksies en KykNet, sal ek ’n veldaanbieder op Kwêla bly.

Gaan daar enige iets verander by Jukebox, of gaan jy op dieselfde trant aan as Kurt?

Dit maak glad nie sin om die bestaande konsepte te probeer herontwerp nie, maar ons gaan beslis ‘n paar veranderinge na die tafel bring. So ja,daar wag beslis ‘n paar opwindende verrassings…

Wat beteken dit vir jou om die nuwe aanbieder te wees?

Dit beteken vir my en my loopbaan ongelooflik baie! Ek is dankbaar vir elke fan se ondersteuning, Pieter Cilliers wat my potensiaal as TV aanbieder jare terug raakgesien en ontgin het, asook dat Kurt my so betrokke gemaak het by die program. Dis so amazing om na soveel jare in die bedryf eindelik nie net my eie nie, maar so groeiende, dinamiese program te kan anker.

Waarna kan kykers van Jukebox uitsien?

Soos gesê, wag daar heelparty verrassings op kykers, maar oor die algemeen sien ek daarna uit om ’n tipiese Pieter Koen-flavour aan die program te verleen. 

  • Christine

    Dankie tog! Hys sommer baie ouliker aanbieder!! :)

  • Riekie

    Ek het van die tyd dat hy Kurt afgelos het gese Pieter moet dit doen ek is so bly vir sy part ek wens hom alle voorspoed toe

  • Rina Rossouw

    Mooi so Pieter, ons weet jy sal ‘n sukses daarvan maak. Ek "like" jou ‘n hond uit ‘n bos uit.

  • Paula Vorster

    Dis die beste nuus ooit! Baie geluk Pieter!

  • Tessa

    Hy gaan baie beter as Kurt vaar, sal nie so vervelig wees nie. Sterkte Pieter

  • Johanneman

    Dankie tog ja! Die beste ding wat met Jukebox kon gebeur het!! Niks teen Kurt nie, maar Pieter en selfs Martin Bester was beter aanbieders!

  • Johanneman

    Dankie tog ja! Die beste ding wat met Jukebox kon gebeur het!! Niks teen Kurt nie, maar Pieter en selfs Martin Bester was beter aanbieders!

  • Surina

    Ek is soooooo bly jy is die nuwe Aanbieder – ek love jou op Kwêla ook!

    Kyknet kon nie iemand beter as JY in hierdie posisie geplaas het nie! Puik gedoen KykNet!!!

  • Leatitia Smith

    Jy het beslis ‘n baie beter persoonlikheid as Kurt, ek hou van hom maar jy is beste vir die program. Baie geluk jy is great.

  • Kobie

    Dankie dankie dankie! Ons het glad nie meer gekyk as Kurt dit aanbied nie, want hy kon nie konsentreer nie, val oor sy woorde ens. Geluk Pieter!!!

  • Rene Lubbe

    Pieter gaan dit beter doen…hy het meer humor! Baie geluk Pieter

  • Tessie

    Pieter, jy’s ‘n duisend maal ouliker en beter as Kurt, ek sal nou self ook Jukebox kyk. Sterkte en weet ons is mal oor jou!

  • Charissa Nel

    Ek is baie bly vir Pieter! Ek weet hy sal ‘n ongellooflike werk doen!! Ons gaan nog steeds vir Kurt mis maar hy moet doen wat vir hom reg is.

  • maritza

    ek hou ook meer van pieter koen !!

  • maritza

    ek hou ook meer van pieter koen !!

  • Telita

    Nou skud ek my "biscuit". Uiteindelik kan ek ook die program begin kyk en geniet!!!

  • Aletta

    Dis wonderlike nuus ! Nou sal ons weer Jukebox begin kyk! Pieter weet hoe om met die inbellers te gesels op n vrolike noot!

  • Sunette Nel

    ek het al lankal gese Kurt lyk nie meer lus vir die storie nie. My eerlike opinie is dat Pieter ‘n baie beter job doen. Hy is lewendig en vol energie. Laat my dink aan ‘n seuntjie wat nuwe speelgoed gekry het. Altyd so opgewonde oor alles.

  • Dirk

    Baie geluk Pieter jy sal n baie beter job as kurt doen Kurt is droog op die kassie en sing glad nie so goed nie

  • Poppie

    O fantasties wonderlik !! Pieter is darem skerp en snaaks!

  • Jean

    Goeie plan, ou Kurt is darem wragtig baie selfbewus en ongemaklik, weet nooit wat om vir die mense te se nie. Sterkte Pieter!

  • Monica

    Kurt wil eerder probeer akteur wees. Pieter sal beslis n beter aanbieder wees.

  • Magda

    Dankie tog, Kurt was pateties.

  • Robert Steyn

    Baie geluk Pieter. Bou Jukebox op tot ongekende hoogtes..

  • Lien

    Ek is bly Pieter is die nuwe aanbieder. Hy is ‘n plat-opi-aarde-ou. Ons het hom altyd geniet wanneer hy vir Kurt uitgehelp het.

  • Loraine

    Kurt en Pieter is vriende – al hoewel al die positiewe menings dink ek dit kan Pieter ongemaklik maak. Pieter is ‘n oulike aanbieder, maar ek moet Kurt ook sy eer gee, dat hy regtig baie ordentlik is. Dit moet seker moeilik wees om aan almal se verwagtinge te voldoen, en daarom lyk dit miskien of hy snob is. Dit kan ook nie maklik wees om jou siel bloot te le aan Jan publiek nie. Daar is baie listige karakters daarbuite. Sterkte vir Kurt, moet darem byse hy is ‘n gentleman en baie gewild onder sy mede kunstenaars.

  • Carin Kotze

    Baie geluk Pieter. Jy is ‘n gebore aanbieder.

  • Elize bierbaum

    dankie tog, jy is puik, geniet jou kwela funnies wat jy aanbied, met jou mooi en sonnige geaardheid, en die feit dat jy altyd vrolik is, maak dit vir ons sommer "pure plesier" om na jou te luister. hou so aan, van al ons groblersdal mense

  • Hennie

    BAIE GELUK PIETER!
    Jy gan great wees!

  • Ronel

    Ai, dis die beste nuus, Pieter het persoonlikheid……………….
    Raak tog net ontslae van Tonge los as program op jul skedule;
    en ‘n ander aanbieder vir Maatband.

  • Stefan

    Dit is wonderlike nuus! Kurt kan nie Afrikaans vlot praat nie en dit irriteer my nou al 3 jaar! Daardie uitsprake soms!! Mens het maar gekyk vir die musiek, maar nou kan mens die hele program geniet! Wonderlik!

  • Sanell

    Dankie, Kurt vir jou bydrae van die begin van Jukebox. Pieter, veels geluk met jou nuwe aanstelling. Jukebox was nog altyd my gunsteling Sondagaande. Maak nie saak wie dit aanbied nie.

  • Jan De Beer

    Uiteindelik het kyk net wakkergeskrik. Pieter is 400% beter as die dooie Kurt. Mooi so.

  • Helena van Delmas

    Dit is baie lelik om so slegs van Kurt te praat. Al maak julle of julle kamstig nie Sondae na Jukebox gekyk het nie is julle sommer skynheilig. Almal het na Jukebox gekyk met of sonder Kurt. Kurt is ook ‘n mens met ‘n gevoel. Jammer vir ons Afrikaners wat altyd so lelik is met ons naaste Kurt. Sterkte vir jou en Sterkte ook vir Pieter. Ek praat nie slegs van iemand nie want daar wys vier vingers terug na jou toe en onthou die wiel draai altyd. So los vir Kurt uit.

  • Meisie Bezuidenhout

    Dit is wonderlike nuus!!!!!!!!!!!! Pieter ek is so bly vir jou

  • Johan

    Jippie!

  • Charlene

    Shoe maar dit gaan nou goed raak

  • Kotie

    Dankie tog!!!!!! Tenminste het Pieter ‘n aangename persoonlikheid en is vriendelik. Nou kan ons tog ook weer Jukebox kyk.

  • Marlene

    Pieter se vriendelike gesig en laggie laat al wat n negetiewe persoon weer positief word. Moet nooit verander nie Pieter bly soos jy is – altyd vol "smiles"

  • Ria Boshoff

    Baie geluk ou Pieter,ek is mal oor jou! Daai ondeunde gesiggie !!

  • Abel

    Kurt was was swak – ongemaklik en geen persoonlikheid nie.

  • faan

    Stomme ou Kurt! Ek wonder hoe hy voel as hy hier lees? Kan nie lekker wees om te hoor dat min mense eintlik gehou het waarmee jy besig was nie.

  • Marina

    Ek is baie bly ! Pieter is ‘n fantastiese mens. ‘n mense-mens. Was saam met hulle op die Sinfonia. Pieter het met almal gesels, Kurt het net hoogmoedig neus in die lug gestap. En net ge-mmm toe ons hom groet. Kan nie wag vir Pieter-jukebox nie !!

  • Suurpoep

    Dankie tog. Ekt lankal by myself gedink die Pieter Koen-oukie kan n uistekende aanbieder vir Juke Box wees. Kurt Darren het nie daai talente om n tv-aanbieder te kan wees. Dalk moet hy iets anders probeer,….wat van hangvlieg ?
    Dalk moet daar ook met ou Wickus van der M ñ plan gemaak word. Hulle maak tv-aanbieding en afrikaners, commen.!

  • Sonja

    Ek is so bly. Pieter laat my aan ‘n stout seuntjie dink. Dink ook hy sal ‘n baie beter aanbieder wees, en baie mooier om na te kyk. Baie geluk.

  • Corlia

    Wonderelik Pieter Koen. Ons sien nou weer uit na Sondag-aande. Jy is ‘n outjie met jou voete plat op die aarde en met ‘n pragtige humorsin. Doen jou ding, want jy gaan ook hiervan ‘n groot sukses maak!

  • Sylvia

    Ek gaan ook nou weer Jukebox kyk bly Kurt is weg hy was pateties verby Geluk Pieter ek het altyd gese jy is die beste met al jou aanbiedinge kyk bevoorbeeld Kwela Funnies jy bied dit baie professioneel aan Baie Geluk sien jou Sondagaand op Jukebox

  • Christo Gerlach

    Ek dink dis onregverdig om Kurt nou af te maak – hy was tog sekerlik deel van die sukses en gewildheid van Jukebox? Hy en Pieter is twee verskillende persoonlikhede, en dis onvanpas om twee great manne teen mekaar af te speel!

  • Rita Hugu

    Baie dankie dat Pieter nou die aanbieder van Jukebox is. Hy is so vriendelike en aangename persoon. Hy bring altyd ‘n ou laggie uit. Kurt het te veel van homself gedink. Hy het my grensloos kwaad gemaak as hy Jakaranda so verkeerd uit gespreek het. Baie baie dankie dat Pieter nou die nuwe aanbieder is. Baie geluk en voorspoed Pieter en bly ASSEBLIEF ALTYD so mooi mens.

  • Dirk

    Bring vir ons Algoa FM Gauteng toe – ek weet nie wat om te luister soos ek rondspring tussen Jacaranda, Highveld en Rippel en 5fm Sondae middae nie. Hoe kan mens luister na mense wat praat en praat en praat en minimum musiek – en dan is dit nogal musiek stasie.

  • TIENIE LE ROUX

    Pieter het die persoonlikheid om dit te doen – Kurt moet maar by sang bly.

  • Ronel Joubert

    Kurt ons gaan jou mis op Jukebox Sondae middae, Jy het die program goed uitgesaai en jou baie goed van jou taak gekwyt. Geniet jou aftyd enkm maak maar ‘n draai so nou en dan op Jukebox saa met Pieter Koen.
    Groete

  • Lizzie

    Ek is bly Pieter gaan die nuwe aanbieder wees. Kurt kan miskien sing maar nie ‘n program aanbied nie. Nou sal ek weer Jukebox kyk.
    Geluk en voorpsoed Pieter.

  • Helien

    Dit is altyd vir my so snaaks om te hoe die Suid Afrikaners is. My ouers het altyd vir my gese, bly eerder stil as jy niks goeds te se het oor ander nie. Gun mense ook n plekkie in die son.

  • Elzette

    Fantasties!! Nou kan ons weer Jukebox kyk. Baie geluk Pieter!!

  • MEERKAT

    Wonderlik – dit moes LANKAL gebeur het !! Kurt het dit nie gemaak nie.

  • Chantell

    Kurt jy was great gewees!!! Gaan jou mis!!!!!
    Voorspoed met dit wat jy gaan aanpak, alles van die beste vir jou.

  • Pieter en Ronelda

    Lang Piet en Ronelda sê ook baie geluk Pieter. Ons ken jou en weet jy kan dit doen. Jy is ‘n baie beter aanbieder as wat Kurt ooit kon droom om te wees. Jy maak dit vir ons almal lekker om daarna te kyk. Bly altyd soos jy is. Harde werk en ‘n harde tyd wat voorlê maar jy sal dit kan doen. Sterkte

  • Christa

    Dankie tog nou gaan Jukebox nie meer so vervelig wees nie. Sterkte Pieter ek dink die kykerstelling gaan nou hemelhoog wees, jys cute en vol energie, net wat ons nodig het op n lekker lui Sondag aand.

  • boka

    moenie so lelik wees met Kurt nie hy bly maar my bou oog boy ek mal oor hom
    maar ook baie geluk aan jou Pieter hoop jy geniet dit

  • Erna du Plessis

    Dankie tog!!!! Ek kyk die afgelope ruk glad nie meer Jukebox nie, want ek kan nie vir Kurt Darren verdra nie!!!

  • Trish

    Ja, dankie tog. Nou hoef mens nie meer op Sondae-aande iets anders op TV te soek nie. Kurt is ‘n patetiese aanbieder en sanger! Hy moet ook net onthou dat styl nie gekoop kan word nie en defnitief nie gelyk is aan Swarovski kristalle op skoene nie!!!

  • D LABUSCHAGNE

    Gaan Kurt baie mis. Die wat wou kla oor hom, waarom het julle dan Jukebox gekyk? Elke mens het sekerlik sy eie keuse wat hy wil en nie wil nie.
    Kurt jy is ‘n fantastiese mens en moet jou nie steur aan al die suurknolle
    nie!

  • Marius

    Baie geluk Pieter, soos tale kykers dink ek ook jy sal n baie better aanbieder wees. Jy dink vinnig op jou voete en is skerp met jou antwoorde. Ek kry sommer n tatoo op my linker boud.

  • Lizette

    Baie bly, Kurt kan miskien sing maar defnetief nie aanbied nie.

  • ST

    Pieter asseblief as jy iets verander laat dit die ge’groetery’ wees, want genade hoeveel keer kan mens nou sê dit gaan goed…. en versoek tog die luisteraars wat so inskakel as hul vir pappa langs hul in die bed ietsie wil sê wel, doen dit moet dit nie oor die lug sê nie… of boetie en sussie wat langs aan slaap… genade mens hulle slaap hul hoor nie die boodskap nie… die mense wat so inbel irriteer die sewe soorte hel uit my uit!!!!!! Soveel so dat ek Jukebox mis en uitmis op uitstekende videos (ek lief afrikaanse musiek!!!) Pieter sterkte ons mal oor jou energie!!!!

  • elmarie

    Sterkte Pieter…..jy is beter as Kurt – Kurt is ongeskik en hoogmoedig

  • Annerie

    Kurt se tv aanbieding is nie goed nie, maar sy musiek is awesome! Pieter se tv aanbieding is uitstekend, maar sy musiek is nou weer nie so great nie! Ek dink dis ‘n beter swap vir Jukebox! Pieter maak my bene bewe, hy is super hot!

  • Rina

    Dankie tog. Nog altyd gese Kurt het nie TV persoonlikheid nie. Kan Pieter nie ook sommer alles aanbied soos die nuus, weer, ens. nie. Party mense is darem hard op die oog

  • Louise

    Dis die beste nuus wat ons nog gehoor het!

  • Lindie

    Julle almal moet ophou om sleg van Kurt te praat. Elke sanger is verskillend, Kurt het iets wat nie een van julle wat so lelik praat ooit sal hê nie. DIE MOOISTE VROU……wat sê dit. Ek is mal oor Kurt, sy keuses en musiek.

  • Maraai

    Ou Pietertjie, jy mag maar! Baie baie geluk jy is 1 uit ‘n 1000!! Van skooldae af het ek geweet jy sal groot gaan!

  • Linda

    Baie lekker program vir ‘n Sondagaand en baie bly dit gaan nie van die lug af nie. Dankie Kurt vir die eerste 3 jaar se groeifase, maar baie welkom aan Pieter – ons sien daarna uit om jou as aanbieder te hê. Voorspoed aan julle albei vir die nuwe hoofstukke in julle lewens.

  • Santa

    Kurt was darem nou nie juis SO vrot nie, julle? Eintlik jammer dat Kurt uit is – want die verandering is nie ‘n verbetering nie, en gaan die man nou net weer laat begin "comfort eat" of meer wysies komponeer wat ieder en elk tot satwordens op hul selfone gaan laai as "ringtones". Ag nee – hoekom het hulle nie hierdie ding bietjie oordink nie.

    Plaas het die vervaardigers besluit om daardie "besoekendes" wat immer so stoellooss moet staan en staar soos verdwaalskapies aan te pak en ‘n beter plan uit te dink! En dalk kon hulle die sms-ers se verderflike spellings bietjie reggeruk het as hulle dan nou MOES verander en verbeter aan daardie program?

    Ag nee wat – erens moet daar tog mooier/ouliker/sjarmanter mans wees as Pieter en Kurt om Jukebox verder te vat! Waar is die rerige stylvolle mans wat nie so ie-ie-ie is nie en half oppie stoep is nie? Is hulle dalkies besig met beter dinge as om tande te tel met kindertjies wat laat saans inbel terwyl hul ouers in die agtergrond skrou?

  • Angela

    Dankie tog Kurt beweeg aan. Mens kan na sy musiek luister maar nie vir hom kyk of na sy gepraat luister. Wel Pieter sterkte hoop dit gaan beter klink met jou op die lug.

  • Maretha

    Pieter is ‘n gemaklike en spontane aanbieder. Baie geluk! Welverdiend!

  • SKaam

    Weet jul mense is baie snaakse goed, ek is ook mal oor Pieter maar ek het dit nie in my as mens om n ander af te kraak nie ek persoonlik dink dis swak om ander mens af te kraak, sit jul self in Kurts se skoene hoe sal jul gevoel het om gekritiseer te word!!!! SIES MAN!!!!!!!

  • Charlotte

    Baie geluk aan grapgat Pieter!
    Jukebox gaan nou nooit meer dieselfde wees nie. LOL
    Ek is seker dat Jukebox nou meer kykers gaan by kry – niks teen Kurt nie maar grapgat is ‘n beter aanbieder.

  • Connie

    Dankie tog ou Kurt is af van die kassie – nie dat ek enigsins Dukebox kyk nie, rede: ek hou niks van Kurt se musiek nie. So welkom Pieter, jy is baie oulik

  • Alida Basson

    DANKIE TOG!! Pieter is ‘n baie beter spontane aanbieder! Sal ook nou weer meer Jukebox kyk! Vir Kurt Darren kan mens nie kyk nie!

  • THEUNS

    JULLE ARME SALIGE MENSE WAT SO TEEN KURT IS WEET EK NIE SO MOOI NIE JULLE SE SULKE LELIKE DINGE MAAR WAT EK ALTYD SE IS DIT IS JULLE WAT VARKSIG IS EN AS JULLE DIT KON BETER DOEN HOEKOM HET JULLE NIE OU KURT JY IS TOPS EK EN MY VROU IS MAL OOR JOU MUSIEK EK WIL OOK NET BY SE HOEKOM HET JULLE DIE PROGRAM GEKYK EK KAN VIR JULLE SE HOEKOM WANT JULLE HOU VAN KURT EK DINK JULLE AGTERBAKSES MOET EERDER MICKY MOUSE GAAN KYK WANT DIT IS AL WAT JULLE SAL AMUSE

    GROOT KURT AAN HANGER!!!!!!!!!!!!!!

  • chinkie

    dankie tog ou kaptein is van sy bootjie af geskop , sover ek weet het tv hom die sak gegee hy het nie bedank nie

  • WENDY

    AG HOEKOM IS MENSE SO NAAR TEEN OOR ONSE KURT HY IS EINTLIK N BAIE SKAAM MENS EN ONTHOU MENSE HY HET JUKEBOX BEGIN KURT ONS HIER IN DIE KAP IS NOG STEEDS MAL OOR JOU EN GAAN JOU MIS ,,,PIETER KOEN GOOD LUCK MET DIE AANSTELLING

  • Essie Oosthuysen

    Dankie Kurt vir jou tyd op Jukebox. Ek het dit baie geniet. Moet jou nie aan die suurknolle, suurgatte steur nie. Wens jou alles wat mooi is toe vir jou pad vorentoe. Baie welkom aan Pieter! Ek wens jou ook net voorspoed toe in jou nuwe pos.

  • Naboomspruiter

    Dankie tog Kurt het sy paai gevat en gewaai! Sing kan hy nie, sy passies daarmee saam is belaglik, akteur is hy nie en aanbieder nog minder. Dalk moet hy hom bepaal by sy bosveldplasie. Hy moet net onthou die vlakvarke wat hy by sy buurman jag is dieselfde vlakvarke wat op sy plaas loop. Hulle kruip deur die draad Kurt!!! Oepsie!

  • Kotie

    Dankie vir nuwe winde! Is so dankbaar Pieter Koen is die nuwe aanbieder van Jukebox – gaan verseker nou Sondae aande Jukebox kyk. Alles van die beste Pieter en seenwense vir jou.

  • Marius

    Dit is die beste skuif wat KykNet kon maak. Kurt se musiek werk op partytjies, maar live shows, aanbieding en toneelspel is nie vir Kurt nie. My kritiek is nie sleg of lelik bedoel nie, because we need to know that no onecan be good at everything,

  • Mariette

    Dit is wonderlike nuus. Pieter jy verdien dit! En dankie tog Kurt beweeg aan! Miskien moet hy ook net bietjie aanbeweeg met sy liedjies wat almal op dieselfde wysie gekomponeer word. Gaan leer bietjie by sangers soos Nicholis en Steve.

  • Smartie

    Goeie nuus, nou sal ek weer Jukebox kyk!

  • Beppie

    Mense mense mense, dit is baie ongeskik van julle om sulke neerhalende aanmerkings te maak, nie een mens is dieselfde nie elke mens het ‘n unieke karakter, Ek is mal oor Pieter se uitnemende geaardheid, maar ook is ek Mal oor Kurt se sagte rustige geaardheid en dit is presies wat mens op ‘n sondig aand so laat nodig het , sagtheid, rustigheid, en lekker musiek, Nee wat julle is uiters swak opgevoede, kritiserende mense, As ek luister na die boodskappe, die mense wat inbel ens, het hulle minder karakter en maniere as wat Kurt het, die ou tannies wat so orig is is irriterend. Maar Jukebox is heerlike musiek, en is veral lekker om daar nuwe video’s te sien van die verskillende snagers. Dankie Jukeboxb

  • Annie

    Pieter is n goeie radio man, goeie sanger en die beste aanbieder van Jukebox, wens jou alle sterkte toe en dankie dat jy Jukebox so ophelder jy laat n mens altyd lag en dit is wat n mens nodig voor n maandag begin.

  • kotie scheepers

    wat is julle suid afrikaners so afgunstig op sekere sangers of sangeresse julle kan nie die werk doen so wat is jul probleem, dis hoekom die land is soos wat hy is want die wit mense kraak mekaar af en sien nie son oor n ander skyn nie. die ander kleuriges staan altyd saam hoekom doen jul wittes nie dieselfde miskien moet jul eers voor jul eie deure vee voordat julle ander altyd in n swak lig wil stel. dink net hoe vervelig sou die ou wereld gewees het as almal soos jul ou kla gatte was