FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Pieter-Steph du Toit se Willemien sê sy gee hom nie raad oor rugby nie

“Pieter-Steph is baie positief, maar as hy so baie beseer word, raak hy soms moedeloos. Dan neem ons dit dag vir dag, praat moed in. Ek sê altyd vir hom dit help nie jy is hartseer oor iets wat reeds gebeur het nie, jy kan niks daaraan doen nie. Nou moet jy vorentoe kyk. In my oë speel hy nooit swak nie.

Vir inspirasie kyk hy motiveringsvideo’s en ek herinner hom gereeld daaraan dat ons so baie het om voor dankbaar te wees. Daar is mense sonder bene. Ons is gesond en kan nog loop.

Ek gee hom nooit raad oor rugby nie, daar is genoeg mense wat dit doen. Ek doen graag dinge saam met hom. Ons sal vierwielmotorfiets ry, met die boot op die lagune ry of op die strand stap.Hy kan nie stilsit nie. En as sy spiere seer is, masseer ek dit. [Sy studeer fisioterapie.]

Die jammerste wat ek hom nog ooit gekry het (maar ons praat nie daaroor nie!), was op 14 Maart vanjaar toe die Haaie in Bloemfontein teen die Cheetahs gespeel het. Hy het voor halftyd seergekry – presies ’n jaar ná ’n vorige besering – en ek kon sién hoe teleurgesteld hy was. Toe ek hom sien lê en hy staan nie op nie, wou ek nie meer kyk nie. Hy is my sagmoedige reus wat nie maklik kwaad word nie.”

Lees ook