FOTO: Twitter  @Pink

FOTO: Twitter @Pink

Het jy gehoor?

Pink gee nie om, om ‘vet en gelukkig’ te wees nie

Sangeres Pink is ’n selferkende kosliefhebber, wat graag goeie kaas en wyn geniet. Food & Wine berig dat dit haar min sou pla om “vet en gelukkig” te wees. 

Die 36-jarige ma, wat seker maak dat sy ’n positiewe liggaamsbeeld aan haar dogter, Willow, oordra, hou ook daarvan om tydens vakansies kookklasse te neem. Sy het verlede jaar vir vyf dae na Frankryk gereis waar sy onder meer croissants leer maak het.

Volgens E! Online eet Pink baie wanneer sy op toer is, want die ure se joga, kardiovaskulêre oefening én optredes kan jou nogal honger maak. Sy bieg tog dat sy sukkel om dié eetgewoontes ná ’n toer weer af te leer, maar om “vet en gelukkig” te wees klink nie vir haar soos ’n slegte idee nie.

Pink het vroeër dié jaar kritici aangevat wat haar oorgewig genoem het. Sy het gesê hulle moet hulle nie oor haar gewig bekommer nie, want dit bekommer háár glad nie en dat haar gesonde lyf ’n blaaskans verdien.

Pink en haar man, Carey Hart, is in 2006 getroud. Hul dogter, Willow, is vier jaar oud.

Bronne: Food & Wine en E! Online 

Lees ook