FOTO: Twitter  @Pink

FOTO: Twitter @Pink

Het jy gehoor?

Pink sit dié wat haar ‘vet’ noem op hul plek

Pink het Sondag haar ontevredenheid met die wêreld gedeel. Die Amerikaanse musikant het dié wat haar “vet” noem, via haar Twitter-blad op hul plek gesit, berig Huffington Post.

Volgens kritici het Pink oorgewig gelyk toe sy Saterdag die John Wayne Cancer Institute Auxiliary se jaarlikse Odyssey Ball in Beverly Hills bygewoon het. Sy het ’n vol, swart rok aangehad.

Dr. Maggie DiNome, een van die 35-jarige sangeres se vriendinne, is by dié geleentheid vereer. Pink was kwaad dat mense nie liewer gefokus het op die vordering wat in terme van kankerbestryding gemaak is nie.

“Ongelukkig lyk dit of my gewig belangriker is … Ek wil net byvoeg dat ek daardie aand mooi gevoel het … Moenie julself oor my gewig bekommer nie, want ek is nie bekommerd nie. My gesonde, ronde en sterk lyf verdien ’n blaaskans. Dankie vir die omgee. Liefde, Kaaskoek,” het die sangeres geskryf.

Pink se man, Carey Hart, was aan haar sy en het dit duidelik gemaak dat hy haar liefhet, nes sy is.

Die trotse ma maak ook seker dat sy ’n positiewe liggaamsbeeld aan haar 3-jarige dogter, Willow, oordra.

Bron: Huffington Post

Lees ook