FOTO: Gallo Images/Getty Images

Het jy gehoor?

Pippa Middleton praat oor haar trouplanne

As ons die gerugte moet glo, is Pippa Middleton lank reeds verloof. Haar ringvinger bly egter kaal, maar sy vuur self die skindertonge aan!

Die Britse media het berig dat Pippa reeds verloof is, maar eers gewag het dat prins George bietjie ouer is om nie die aandag by hom te steel nie. Sy sou glo op haar verjaarsdag, 6 September, haar verlowing aangekondig het, maar dié dag het gekom en gegaan sonder enige nuus. Nou vuur sy self die verlowingsnuus aan.

Pippa na die kansel?

Sy het in haar rubriek vir The Telegraph geskryf dat sy graag ’n DIY-bruid wil wees. Haar rubriek gaan oor die blommemark en hierin skryf sy dat sy graag haar eie blomme by haar troue sal wil doen.

In dié rubriek skryf sy dat sy nie gereeld blomme op haar voorstoep kry nie – dalk ’n skimp vir Nico Jackson met wie sy al vir sowat 8 maande uitgaan?