pippa_300
Het jy gehoor?

Pippa Middleton se strooimeisierok te koop!

Die ontwerpershuis van dié noupassende rok, Alexander McQueen, het die rokke Dinsdag 22 November 2011 bekend gestel en dit het onmiddellik soos soetkoek verkoop.

Pippa se rok het in April vanjaar die koppe laat draai by prins William en Kate se koninklike troue in Londen. Sy het miljoene aanhangers gekry en word van toe af as celeb nagevolg, veral as dit kom by mode. ’n Groep op Facebook, genaamd Pippa Middleton Ass Appreciation Society, het meer as 241 000 aanhangers en haar Pilates-afrigter is genader om ’n boek te skryf, The Pippa Butt Lift, om vroue ’n alternatief vir plastiese chirurgie te bied.

Die rok is reeds uitverkoop in die kleinste grootte, gelykstaande aan SA se nommer 24 (vyf groottes kleiner as ‘n 34!).

Pippa se ivoorkleurige rok is van ’n sagte symengsel gemaak en sal jou R13 000 uit die sak jaag. Die oorspronklike rok wat Pippa op die troue gedra het, het na beraming R263 200 (£20 000) gekos.

Alexander McQueen se Sarah Burton was ook die ontwerper van Kate se trourok.