FOTO Instagram / @placeroyale

Het jy gehoor?

Pippa Middleton trou – hier’s haar rok!

Pippa Middleton, die voormalige geleentheidsbeplanner en suster van Kate, die hertogin van Cambridge, en die 40-jarige sakeman James Matthews trou vandag.

Pippa (32) se aanstaande het eers haar pa, Michael, se toestemming gevra voordat hy in Julie 2016 op een knie gesak het en haar die jawoord gevra het. Baie tradisioneel!

Maar wie is prins William se aanstaande swaer?

James Matthews kom uit ’n ryk familie, maar is ook verantwoordelik vir sy eie rykdom. Hy het 10 jaar gelede die beleggingsfirma Eden Rock Capital Management Group gestig.

James was saam met William en Harry op skool in die gesogte Eton College.

Bronne: Daily Mail, E! Online, Hello! 

Lees nou

Só kry Pippa Middleton haar lyf

Wat is in Pippa se romantiese piekniekmandjie en met wie wil sy dit deel?

VIDEO: Pippa Middleton se eerste TV-onderhoud