Vault Couture All Saints - Autumn Dinner
Het jy gehoor?

Pippa Middleton is verloof

Pippa Middleton, die voormalige geleentheidsbeplanner en suster van Kate, die hertogin van Cambridge, en die 40-jarige sakeman James Matthews is verloof.

Pippa (32) se aanstaande het eers haar pa, Michael, se toestemming gevra voordat hy die afgelope naweek op een knie gesak het en haar die jawoord gevra het. Baie tradisioneel!

Pippa se troue gaan glo ook ’n uithaalgeleentheid wees en word beplan vir 2017.

Pippa en James het in 2012 begin uitgaan, maar tussendeur opgebreek.

Die wêreld het heimlik gehoop dat Pippa en prins Harry tóg eendag saam sal opeindig.

Maar wie is prins William se aanstaande swaer?

James Matthews kom uit ’n ryk familie, maar is ook verantwoordelik vir sy eie rykdom. Hy het 10 jaar gelede die beleggingsfirma Eden Rock Capital Management Group gestig.

James was saam met William en Harry op skool in die gesogte Eton College.

Lyk hy vir jou bekend? Sy broer, Spencer Matthews (foto hieronder), speel in die werklikheidsreeks Made in Chelsea, wat die lewe van jong, ryk Britte volg. Hul ander broer, Michael, is in 1999 op Everest oorlede.

Bronne: Daily Mail, E! Online, Hello! 

Lees nou

Só kry Pippa Middleton haar lyf

Wat is in Pippa se romantiese piekniekmandjie en met wie wil sy dit deel?

VIDEO: Pippa Middleton se eerste TV-onderhoud