'n man soos my pa
Het jy gehoor?

Afrikaanse rolprent ’n Man soos my pa

Die Afrikaanse rolprent ’n Man soos my pa is tans in produksie en dit draai die einde van die jaar in teaters.

Die vervaardigers Johan Kruger en Sean Else het seker gemaak dat die room van Suid-Afrikaanse akteurs deel is van dié projek. Groot name soos Albert Maritz, Sandra Prinsloo, Neels van Jaarsveld én Antoinette Louw sal almal in die prent te sien wees.

Jong talent word ook tentoongestel: Vaughn en Daniel Else, twee van Sean se seuns, vertolk die rol van dieselfde karakter, op onderskeidelik 6 en 1 jaar oud.

FOTO: Facebook 'n Man soos my Pa

FOTO: Facebook ‘n Man soos my Pa

’n Man soos my pa is Sean se eerste vollengte-rolprent sedert die suksesvolle Platteland ongeveer 4 jaar gelede. Hy het die draaiboek geskryf en ook die regie behartig.

Sean sê dié verhaal, wat oor byna 40 jaar strek, draai om ’n basiese verhouding: “Dit gaan oor die universele tema van die verhouding tussen ’n pa en sy seun of dogter. Dié storie kan enige plek in die wêreld afspeel. Op enige tyd. Die fliek is nie gebonde aan Suid-Afrika se taal of kultuur nie. Elkeen wat ’n pa het, al is die verhouding hoe amazing, het al deur stormagtige tye gegaan en uiteindelik weer versoen geraak.”

Indien jy nie vir die amptelike vrystelling op 28 November kan wag nie, is daar altyd die spesiale voorvertoning by die Silwerskermfees einde Augustus.

Lees ook 

“Álles vir my seuns” – Sean Else vertel

Antoinette Louw oor depressie én haar groot kans

Neels van Jaarsveld: Van alkoholis tot gholf-geesdriftige