arno_carstens_deborah_rossouw
Het jy gehoor?

Plaaslike musikante tree op vir kankerbewusmaking

Tien bekende Suid-Afrikaanse rockers wat hulself Blood Brothers noem, tel hul kitare op vir ’n vertoning by Carnival City op 18 Julie ten bate van die Vrede Foundation. Die lede is onder andere Francois van Coke, Arno Carstens, Albert Frost en Hunter Kennedy, berig Netwerk24. 

Ander lede kom uit bekende groepe soos F*kofpolisiekar, Taxi Violence, The Black Cat Bones en Shadowclub.

Die Vrede Foundation is gestig ter nagedagtenis aan Herman Pretorius, ’n jong musikant, wat in 2008 aan kanker gesterf het. Die organisasie staan jong mense by wat aan dié siekte ly. Al die lede van Blood Brothers het deur die jare dié nie-winsgewende organisasie ondersteun. Die konsert word gehou om geld in te samel en vir kankerbewusmaking.

Aanhangers kan uitsien na die bekendste liedjies uit dié musikante se onderskeie repertoires, asook musiek wat hulle inspireer en beïnvloed.

bb

Die supergroep Blood Brothers FOTO: Facebook

Die volledige groep bestaan uit: Arno Carstens, Francois van Coke, Albert Frost, Hunter Kennedy, George van der Spuy, Isaac Klawansky, Jason Hinch, Loedi van Renen, Rian Zietsman en Kobus de Kock.

Daar sal ook later ’n konsert in Kaapstad gehou word, maar daar is nog nie meer besonderhede daaroor bekend nie.