Tarina Patel FOTO: Philippe Trannoy

Tarina Patel FOTO: Philippe Trannoy

Het jy gehoor?

Plaaslike ontwerpe op Cannes se rooi tapyt

SA ontwerper Hendrik Vermeulen maak internasionaal groot naam. Nie net was sy couture-ontwerpe ’n groot sukses by die New Yorkse Modeweek nie, twee van sy ontwerpe het gisteraand by die Cannes-rolprentfees in Frankryk op die rooi tapyt verskyn.

Die Bollywood-aktrise en regisseur Tarina Patel het gestraal in twee van Hendrik se ontwerpe.

Tarina, wat ook haar lyf model hou, is afgeneem by amfAR  (’n liefdadigheidsorganisasie van die rolprentbedryf wat vigs-navorsing ondersteun) se gala in Cannes ná afloop van die gewilde Cannes-filmfees.

#jentarinacannes #cannes @hendrikvermeulen #redcarpet @jensu1 #filmfestival

A photo posted by Tarina (@tarinapatel) on

Die tweede uitrusting (die pers, blou en groen rok – hier nog in wording) het sy gedra na die luukse juwelier Chopard se gesogte Secret Party.

FOTO: Hendrik Vermeulen

FOTO: Hendrik Vermeulen

Tarina het verlede maand ook een van Hendrik se ontwerpe by die Bokeh-filmfees in Kaapstad gedra.

@bokehfashionfilmfestival @hendrikveulen talent meets beauty

A photo posted by Tarina (@tarinapatel) on

Lees nou