Het jy gehoor?

Plaatkoekie-suigstokkies

genoeg vir 10 – 12

  • 1 x 500 g-pak plaatkoekiemengsel (ons het Snowflake s’n gebruik)
  • 500 ml melk
  • 2 eiers
  • 60 ml sonneblomolie
  • 45 ml botter, gesmelt
  • 12 hout-kebabstokkies, gehalveer
  • jogurt vir voorsit

Maak plaatkoekiemengsel volgens aanwysings op pak aan met melk, eiers en sonneblomolie.

Verhit ’n klein bietjie botter tot warm in ’n kleefvrye pan. Skep eetlepels vol van die mengsel in die pan en plaas ’n houtstokkie op elke koekie terwyl nog rou.Wag tot borrels bo-op vorm, lig stokkie versigtig op en draai koekie om. Braai sowat 2 minute aan ander kant. Verwyder uit pan en herhaal met res van deeg. Sit warm voor met jogurt.