sanbona_white_lion
Het jy gehoor?

Plek van die witleeus

Hier loop die witleeus trots rond, want hulle het nie ons hulp nodig om te oorleef nie. En dis die enigste plek op aarde waar hulle so selfversorgend is! By die vyfster-Sanbona Game Lodge, sowat 2 ½ uur se ry vanaf Kaapstad, naby Montagu, kan jy sien hoe hulle hul leeu-ding doen. Dié projek het vier jaar geduur, maar nou kan die leeus teel, jag en hulself verdedig. Moet dus nie té naby kom nie … Vir meer inligting, besoek www.sanbona.com of skakel 041 407 1000.