FOTO: Instagram  Icurve_model

FOTO: Instagram Icurve_model

Het jy gehoor?

Plusgroot model op voorblad van fiksheidstydskrif

Die Augustus-uitgawe van die fiksheidstydskrif Women’s Running het die internet aan die gons, berig E!Online. Pleks van ’n Heidi Klum-ewebeeld pronk die plusgroot model Erica Jean Schenk op die voorblad. 

’n Verfrissende bewys dat mense van verskeie groottes aktief kan bly.

Erica Jean Schenk

Niemand was meer verras oor die voorblad as dié 18-jarige (wat ook ’n grootte 18 dra) self nie: “Ek het geen idee gehad dat ek op die voorblad gaan wees nie. Ek is eers later daaroor ingelig. Ek was verstom.

“Ek hou daarvan dat die foto ’n groter vrou uitbeeld wat trots op haar lyf is … Ek hoop ek kan ander vroue help om ook trots op hul lywe te wees,” het sy bygevoeg.

Erica handhaaf ’n gesonde leefstyl: Sy hardloop een keer per week en oefen graag in groepe. Hoewel dit vir haar moeilik is om vir sjokolade en kaas nee te sê, peusel sy ook graag aan sade, vrugte en groente.

Kliek HIER om haar Instagram-blad te sien.

Bron: E!Online

Lees ook