FOTO: Instagram @theashleygraham

FOTO: Instagram @theashleygraham

Het jy gehoor?

Plus-groot model pronk in Sports Illustrated

Ashley Graham en haar kurwes maak binnekort geskiedenis. Dié 26-jarige is die eerste plus-groot model wat in Sports Illustrated gaan verskyn, berig MailOnline

Die donkerkop-skoonheid maak haar debuut in die tydskrif se jaarlikse swembroek-uitgawe, wat 9 Februarie op die rakke verskyn. Sy is die gesig van ’n splinternuwe plus-groot swembroek-reeks, genaamd Swimsuits For All.

FOTO: Instagram @theashleygraham

FOTO: Instagram @theashleygraham

“Ek weet my kurwes is sexy en ek wil hê almal moet weet dat hulle s’n ook sexy is,” het die nommer-16-model selfversekerd gesê. ‘n Gewaagde video, wat al meer as 300 000 keer gekyk is, is deel van die veldtog.

‘n Klassieke swart swembroek is duidelik áltyd ‘n wenner!

Bron: MailOnline