Het jy gehoor?

Popster Enrique gaan kaalbas ski!

Die wêreldbeker het baie dinge opgelewer, maar veral wen en verloor. En die popster Enrique Iglesias het verloor!

Dis nou ‘n weddenskap …

Enrique (35) het aan die BBC gesê: “As Spanje wen, gaan ek ‘n paar drankies wegslaan en kaalbas in Biscayne Bay waterski.”

Dis nog nie bevestig wanneer die beeldskone Enrique sy verskynsel in Biscayne Bay in Miami se seewater sal maak nie. Sy verteenwoordiger het glo aan Access Hollywood gesê: “A deal’s a deal!”

Enrique se nuwe CD, Euphoria, is nou op winkelrakke. Gaan besoek sy facebook bladsy om na “I like it” te luister. Op Euphoria is liedjies waar hy saam met Pitbull, Wisin & Yandel, Juan Luis Guerra, en die Pussycat Dolls se hoofsangeres, Nicole Scherzinger, sing.

Iglesias en die 29-jarige Anna Kournikova, Russiese model en voormalige tenniskampioen, is nou al sedert 2001 ‘n paartjie. Hulle ontken onlangse gerugte dat hulle in die geheim getroud is, maar Iglesias sê as hy getroud was, sou hy dit in elk geval geheim gehou het. Kournikova verskyn ook in sy musiekvideo “Escape”.

Bronne: celebrity-mania en people