FOTO Instagram / @pookiportia

FOTO Instagram / @pookiportia

Het jy gehoor?

Portia duik met die haaie

Portia Moemedi, een van SARIE se voorbladfinaliste in 2015, duik voluit in elke avontuur wat na haar kant toe kom.

Onlangs het sy en die sanger Mathys Roets tydens die verfilming van die avontuurprogram Authentiek op SABC2 sowaar saam met die haaie geduik by die Suidkus naby Durban. Nee, nié in ’n hok nie!

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

“Die water was lekker warm, veel warmer as in die Kaap. Dit was my idee om vry saam met hulle te duik. Ons het die haaie met kos gelok en hulle het dit geruik en opgekom om te eet,” vertel sy opgewonde.

Sy en Mathys het sowat 5 tot 8 meter onder die oppervlak geduik. “Soos gewoonlik het my ore diep onder die water probleme gegee.” Hulle het veertig minute lank – hul langste duik tot nou toe – onder die water deurgebring.

“Ek was natuurlik eers mal bang, bang, bang. Maar toe die TV-span my brief, het ek ontspan.”

Sy reken mense het ’n wanpersepsie oor haaie. “Hulle is ongelooflike diere en het eintlik vrede met wat om hulle aangaan. Dit het gevoel asof hulle salig onbewus is van ons en ons op ’n manier in hul ruimte aanvaar. Ek sal weer en weer saam met hulle wil swem. Die see is onbeskryflik, die lewe onder die water is stadig, vry. Ek raai mense aan om dit self te ervaar.* Hulle moet self beleef hoe haaie optree . . . Daar was sowat twintig haaie om ons.”

(*Let wel: Moenie sommer op die ingewing van die oomblik en op jou eie saam met haaie gaan duik nie. Portia se ervaring was onder die wakende oog van kenners en ’n TV-span.)

Lees nou

My ouers skei ná 39 jaar oud

Kyk hoe lekker kry hierdie pasgebore baba!