FOTO: Facebook  Mark Zuckerberg

FOTO: Facebook Mark Zuckerberg

Het jy gehoor?

PRAGFOTO: Mark Zuckerberg se vreugde ná hartseer

Die stigter en uitvoerende hoof van Facebook, Mark Zuckerberg, het ’n pragtige foto van sy vrou, Priscilla Chan, se groeiende babamagie op sy eie sosialemedia-platform gedeel, berig Huffington Post.

Die bekende fotograaf Annie Leibovitz het dié oomblik vasgevang.

Facebook-werknemers is geregtig op vier maande se betaalde kraamverlof, nou wonder die tegnologie-webtuiste re/code of Mark vir hierdie tydperk die onderneming se leisels sal oorgee.

Dit is die paartjie se eerste kind, en dis ’n dogtertjie. Mark het vroeër vanjaar bekend gemaak dat hulle baie gesukkel het om met ’n gesin te begin en dat Priscilla reeds drie miskrame gehad het.

Mark en Priscilla het mekaar as studente by Harvard ontmoet en is in 2012 getroud.

Bronne: Huffington Post en re/code

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER in vir dié kompetisie