FOTO: Instagram justintimberlake

FOTO: Instagram justintimberlake

Het jy gehoor?

PRAGFOTO’S van Justin Timberlake se seun PLUS dít was sy eerste woord

Sanger en akteur Justin Timberlake het al voorheen gesê vaderskap is die wonderlikste ding wat al ooit met hom gebeur het. Hy was ook natuurlik baie in sy skik toe klein Silas se eerste woord “dada” was, berig Hello!

Die 34-jarige Grammy-wenner het dié nuus op Jimmy Fallon se bekende geselsprogram, The Tonight Show, gedeel.

Maar die vyf maande oue seuntjie se ma, die aktrise Jessica Biel, hoef glad nie sleg te voel nie, want Justin was eintlik  “skelm” – hy het Jimmy se bababoek, Your Baby’s First Word Will Be Dada, gebruik om die uitkoms te waarborg.

Justin en Jessica is in 2012 getroud en hul eersteling, Silas, is vanjaar op 11 April gebore.

Bronne: Hello! en Daily Mail

Lees ook