Taylor Swift Foto: Jon Kopalof/FilmMagic

Taylor Swift Foto: Jon Kopalof/FilmMagic

Het jy gehoor?

Pragtige foto’s: Taylor Swift ontmoet haar peetkind

Die bekende sangeres Taylor Swift het gister haar peetkind, Leo Thames, ontmoet. Hy is die aktrise Jamie King en haar man, Kyle Newman, se tweede seun.

Die Shake it off-sangeres was in haar noppies met die ontmoeting. “Ek ontmoet my seuntjie,” het sy by dié foto op Instagram geskryf .

FOTO: Instagram  @taylorswift

FOTO: Instagram @taylorswift

Jamie, wat veral bekend is vir haar rol in Hart of Dixie, het in Maart vanjaar bekend gemaak dat Taylor haar seun se paatma is. “Sy is liefdevol en vrygewig, sy doen alles uit die goedheid van haar hart en daarmee saam is sy ongelooflik dapper en opreg. Dit is baie skaars,” het Jamie aan E! Online oor Taylor gesê. “Ons baba sal altyd ’n goeie rolmodel hê.”

Taylor het seker gemaak Jamie se ooievaarstee is ’n geleentheid wat die gaste, onder wie die aktrise Jessica Alba, die model Gigi Hadid en aktrise Selma Blair, nie gou sal vergeet nie.

FOTO: Instagram  @taylorswift

FOTO: Instagram @taylorswift

Taylor het ook ná haar ontmoeting met Leo dié foto gedeel waarin sy haar treffer “Never grow up” aangehaal het: “Your little hand’s wrapped around my finger and it’s so quiet in the world tonight …”

FOTO: Instagram  @taylorswift

FOTO: Instagram @taylorswift

Ons is seker klein Leo gaan die tyd van sy lewe saam met Taylor hê!

Bron: E! Online

Lees ook