anne_hathaway
Het jy gehoor?

Première van Anne Hathaway-fliek afgestel weens fliekteater-skietery

Wat vanaand ‘n spogaand in Parys vir die akteurs van die nuutste Batman-fliek, The Dark Knight Rises, moes wees, is deur ‘n tragiese moordtoneel by ‘n fliekteater in Denver, Colorado, in ‘n nagmerrie verander toe ‘n swaar gewapende man van 24 jaar 14 fliekteatergangers doodgeskiet en nóg 50 beseer het in ‘n skietery tydens die vertoning van dié nuutste Batman-fliek.

Die glansryke rooitapyt-geleentheid asook media-onderhoude met sterre soos Christian Bale, Anne Hathway, Morgan Freeman en Marion Cotillard is pas as gevolg van dié tragedie afgestel.

Die akteur Heath Ledger, wat die rol van The Joker in die eerste The Dark Knight-fliek gespeel het, is in 2008, skaars 6 maande voor die uitreiking van die fliek, aan ‘n oordosis voorskrifmedikasie dood. Sommige mense praat selfs van die ‘Dark Knight’-vloek.