FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

President Affleck?

Ben Affleck in die Withuis mag dalk binnekort nie net ‘n rol wees wat hy speel nie …

Die 41-jarige aktrise en vrou van Ben Affleck, Jennifer Garner, het onlangs laat glip dat sy nie verbaas sal wees as Ben binnekort in die politiek ingaan nie.

Op die oomblik voel Ben dat hy meer vir mense kan doen as hy in die politiek is.

“Sal ek verbaas wees as hy in die politiek ingaan? Nee. Maar dalk nie onmiddellik nie,” het sy aan Allure gesê. Die Oscar-bekroonde akteur en regisseur is ‘n menseregte-aktivis en het in 2010 die Oos Kongo Inisiatief begin. Hy het ook al in die verlede genoem dat hy sy oog op die Amerikaanse Senaat het, maar het sedertdien dié vraag ontwyk.

 

Jennifer, wat gesê sy sal hom in dié rol ondersteun, het verder verduidelik hoe sy haar eie identiteit in haar huwelik behou.

“Ek maak ‘n bewustelike keuse om alleen na baie rooitapyt-geleenthede te gaan. Soms is dit ‘n pyn, want my hakskoene maak my seer en dit sal gerieflik wees om op Ben se arm te steun … Maar dit kan te veel word. Ek dink veral vroue kan hul identiteit verloor en net ‘die vrou van … ‘ raak. Ek wil nooit net ‘die vrou van Ben Affleck’ wees nie.”

FOTO: Die paartjie is al 8 jaar getroud en is die ouers van Violet (7), Seraphina (4) en Samuel (17 maande)

Bronne: Allure en BANG Showbiz