Screen Shot 2016-05-26 at 3.11.43 PM
Het jy gehoor?

President Obama eet $6-noedels

Kos goed genoeg vir ’n president! Skaars het pres. Obama van die VSA in Viëtnam aangekom, of hy het ’n ete-afspraak met die bekende Amerikaanse sjef, skrywer en televisie-aanbieder Anthony Bourdain. 

Obama was in Viëtnam vir wêreldsake; Bourdain vir die skiet van ’n kos- en reisprogram wat binnekort op CCN sal wys.

Die manne het ontspanne op lae plastiekstoeltjies gesit en bun cha geniet – ’n tipiese Viëtnamese gereg met onder meer varkvleis. En daarmee saam ’n biertjie geniet.

Obama gaan in ’n episode van Anthony Bourdain: Parts Unknown op CNN verskyn. Bourdain toer tans deur die wêreld en eet in plekke waar die gewone mens op straat sal eet. Obama en Bourdain se ete by die Bun Cha Huong Lien-restaurant in Hanoi het hulle $6 dollar (sowat R93) gekos!

6 interessante dinge oor hierdie ete, volgens BBC 1) Die mense in die restaurant het gemaak asof hulle nie weet wie daar eet nie, al was daar sekuriteit en ’n filmspan. Buite was dit ’n ander storie – mense het saamgedrom om die president te kan sien. 2) Hulle het bun cha geëet, ’n Viëtnamese gereg met geroosterde varkvleis, rysnoedels en groen blare. Daarmee saam het hulle Hanoi-bier gedrink. 3) Volgens Bourdain is Obama heel handig met sy eetstokkies (chop sticks). 4) Die restaurant is baie klein en hulle het op klein blou plastiekstoeltjies gesit. 5) Waaroor het hulle gepraat, wonder almal. Was dit oor Donald Trump of oor kos? Maar hulle kon ook gesels het oor Obama wat die verbod op wapenhandel tussen Amerika en Viëtnam ná dekades gelig het. 6) Almal wil ook weet waaroor het dié foto eintlik gegaan wat Bourdain op Instagram gedeel het. Was dit vir publisiteit vir sy TV-reeks of was dit bloot om te wys Obama het ook tyd om lekker te eet?

The President’s chopstick skills are on point . #buncha #hanoi A photo posted by anthonybourdain (@anthonybourdain) on

Bronne: BBC, Time

Is jy nou in die bui vir ‘n Vietnamese happie? Probeer hierdie maklike Viëtnamese-rolletjies van die SARIE-kosspan – kry die resep hier.