Het jy gehoor?

Pretoria kry sy eie woordkunsfees

Die Woordpoort is ‘n FAK-projek – ‘n jaarlikse woordkunsfees op Tukkies se Hatfieldkampus in Lynnwoodweg. ‘n Eerste vir Gauteng.

Vanjaar vind dit vanaf 24 tot 27 September plaas, en kyk net wie’s almal daar!

  • Anna Davel “In Konsert”
  • Piet van Wyk de Vries
  • Andries (Roof) Bezuidenhout en Albert de Vos met “Woordakkoord”
  • Laurinda Hofmeyr met “Asof vir die eerste keer”
  • Herman van den Berg in “My man Jacques Brel”
  • André G Nel met “Die landskap van jou lyf”

Op die tafel
Boeketes uit Lapa se Onthoukos (Heleen Meyer) aangebied deur die Departement Verbruikerswetenskappe aan UP.

Woorde word kuns

“Visser, Vos en ander Vrolike Verse”
‘n Keur uit die werk van A.G. Visser. Philip de Vos en ander se ligte verse uit die Afrikaanse poësieskat met Carel Trichardt, Petru Wessels, Chris Mostert (tenoor) en Ferdi Geyer agter die klawers met musikale toonsetting van o.a. Niel van der Watt.

“Prente by ‘n uitstalling”
Vir sy sewentigste verjaarsdagjaar het Philip de Vos spesiaal tekste geskryf om Mussorgsky se Prente by ‘n Uitstalling te begelei. So word die Tuileries-tuine, Kinders in die Park, Twee Poolse Jode word Ryk Man, Arm Man, Die Markplein by Limoges word Skinderbekke, Die Katakombes word Die Land van Slaap, en die Hek van Kiëv word Die Deur van Glas. Tertia Visser-Downie is die pianiste en Philip de Vos lees sy verskillende verse tussen elke klavier-beweging van hierdie interessante en briljante klavierwerk.

Boekepoort
Boekbekendstellings
Gesprekke met skrywers, regisseurs, kunstenaars
Hou www.woordpoort.co.za dop vir meer

In die kollig
Skryfwerkswinkels aangebied deur die bekende skrywer prof. Henning Pieterse en Leti Kleyn van die Eenheid vir Kreatiewe Skryfwerk aan UP

Blitsseminare aangebied deur die FAK oor o.m. Afrikaneridentiteit, Postfeminisme, die nuwe “Afrikaanse Woordelys & Spelreëls” en vele meer aktuele onderwerpe.

Kaartjies?

R40 – R90
Vanaf 1 September by Computicket beskikbaar.

Klik

www.woordpoort.co.za

vir meer