sr1108charlene_witstock_5_
Het jy gehoor?

Prins Albert woedend oor gerugte

Die Britse tydskrif, Hello!, het vandag (21 Julie) berig dat die 53-jarige Prins Albert diegene wat gerugte oor dreigende ongelukkigheid in sy huwelik versprei, veroordeel. Sy vrou, Prinses Charlene, was aan sy sy toe hy die verteenwoordigers van drie nuusagentskappe toegespreek het. Die paartjie het pas van hul wittebrood teruggekeer.

“Ons wil ons ontsteltenis oor dié gerugte uitspreek. Dis ondraaglik!” Hy het ook ‘n dwarsklap na die media gegee omdat hulle onbevestigde inligting as feite aan die publiek opdis.

“Ek het nog altyd die vryheid van spraak gerespekteer, maar die verspreiding van valse gerugte is ‘n kriminele oortreding wat gestraf kan word,” het Prins Albert gesê.

  • Maureen Spangenberg

    Ek voel die Media sal enige gerugte opdis om van hulle koerante, tydskrifte ens onslae te raak. Los die mense uit, wat hulle in hulle huise doen en se het met niemand behalwe hulself te doen nie. Ek glo ons moet hulle privaatheid respekteer.

  • soekie Oelofse

    EISH!!!! If you play with fire……

  • corne Lewis

    Ek stem saam die media moet hulle uitlos sodat hulle self hul probleme indien hulle het, kan aanspreek, ek persoonlik dink dat hulle ‘n pragtige paartjie is en dat die Media soos gewoonlik die dam onder die eend uitruk.

  • carin smith

    Ek voel jammer vir Charlene, want hierdie behoort haar gelukkige honeymoon-fase te wees…

  • Yvette

    Ek kry hulle regtig jammer. Dit is ‘n skande hoe hulle in die media aangeval word.

  • Amelia Ireton

    daar is maar altyd `n simpel mens wat stories aandra, pure jaloesie :( los net die mense uit asseblief ai toggie ,hulle is nou moeg vir Steve en Natasia en nou pak hulle nuwe mense wat awesome is :(

  • Karin

    Se hulle!!! Ek is oook dik vir die stories oor hulle huwelik. Gun hulle privaatheid!

  • Elsabe

    Ongelukkig is dit so dat openbare figure die meeste blootstelling aan sulke praatjies het. En as jy nog ‘n prins en prinses is van Monaco, dan is dit soveel erger. Die gerugte tydens en na die troue van die prins se derde kind het die kritiek ‘n bonfire gemaak. Dit is jammer. Hulle is pragtig by mekaar en beslis verlief. Miskien sal al die negatiewiteit hul saamsmee om vir die wereld te bewys dat ‘n skeur in hul huwelik nie gaan gebeur nie. Eintlik het hulle nie nodig om vir die kritici enigiets te bewys nie. Waarom sou hulle dit hoef te doen. Die prinses is al vyf jaar daar. Ek dink nie sy het nou eers van die kinders te hore gekom nie. Daardie saak is lankal deur hulle bespreek en klarigheid daaroor gekry. Ons sal nog lank stories hoor. Dit was met Charles en Diana ook die geval: tot Diana daarvoor moes betaal vir haar lewe. Wel, ek se: Lank lewe die prins en sy pragtige prinses in ‘n poel van liefde en kalmte.

  • Marietjie van de Wall

    Iemand moes die gerugte begin het. Wie? Hierdie persoon/mense gun die arme prins en prinses geen geluk nie. Hoekom wil baie mense nie die son sien skyn oor ‘n ander persoon nie?Is dit hul eie ongelukkigheid.
    Gun hierdie egpaar tog geluk om ‘n normale huwelik te lei. Wat het hulle teen die arme prins?

  • Lorraine Roodt

    Los Charlene en die prins uit sodat hulle kan aangaan met hul getroude lewe. Die media en skinder koerante raak nou regtig uiters onaangenaam. Sies vir julle almal!

  • Wilhelmina Haumann

    Dieselfde ou storie oor en oor – skinder, skinder en skinder…….. maar gelukkig het die storie nie in Suid Afrika begin nie. Hul trou fotos wys hoe lief die prins vir haar is.

  • Annemarie Perez-Ricardo

    Ek gun haar al die geluk in die wereld. Dis nie aldag dat gewone mense met prinse trou nie, nie dat ek beweer dat Charlene ‘n gewone mens is nie. Sy het deur haarself ‘n "celebrity" geword, maar n mens verwag dat prinse met prinsesse trou (wat in dieselfde monargie beweeg). Anyway, die mens moet maar eers voor sy eie deur vee voordat jy verder gaan. Ons het maar almal geraamtes in die kas en die Goeie Here vergewe ons keer op keer daarvoor. Waaroor sal ons ander mense se lewe hel wil maak met ongegronde stories? Gun hulle die geluk wat hul toekom. Baie bly vir jou, Charlene ek was mal oor jou skoonma, Prinses Grace, die mooiste en ‘n merkwaardige vrou in die hele wereld. En jy laat my aan haar dink.