FOTO:  Facebook/Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco/

FOTO: Facebook/Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco/

Het jy gehoor?

Prins Albert se planne vir sy tweeling se eerste verjaardag

Prins Albert en prinses Charlene van Monaco se tweeling vier volgende Donderdag, 10 Desember, hul eerste verjaardig. Hoewel hy en sy vrou moontlik daardie oggend ’n amptelike verpligting het, beoog die prins om die res van die dag gesinstyd met Jacques en Gabriella te hê, berig People

Die gesin se dag gaan seker met ’n skoolbesoek afskop. Daarna wil Albert graag foto’s en video’s van die twee op hul spesiale dag neem.

Volgens Hello! het hy nog nie besluit wat hy vir die klein prins en prinsessie as verjaardaggeskenk wil koop nie. Nuwe speelgoed of iets met sentimentele waarde? Albert meen dit sal seker ook nie skade doen om albei te doen nie.

Die trotse pa beskryf sy jongste kinders as nuuskierig en lewendig.

Bronne: People en Hello!

Lees ook

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!