FOTO: Mario Testino Instagram KensingtonRoyal

FOTO: Mario Testino Instagram KensingtonRoyal

Het jy gehoor?

Prins George en Ouma Middleton se stranddag

See en sand was deel van prins George se tweede verjaardagvieringe! Popsugar  berig dat hy, Ouma Middleton en die gesin se hond, Lupo, die oggend van sy spesiale dag by Engeland se Northfolk-strand spandeer het.

Die wind het nie gekeer dat dié twee met hul voete in die water speel nie. Klein George het ook ’n sandkasteel gebou.

A photo posted by POPSUGAR (@popsugar) on

Volgens Yahoo! het verbygangers nie eers agtergekom dat dit George en Carole op die strand is nie. Sy ouers, William en Kate, probeer om hom so normaal moontlik groot te maak.

Carole en haar kleinseun is ook verlede maand by die die Bucklebury-plaaspark in Berkshire afgeneem.

Kliek HIER vir nog foto’s van hul stranddag.

Bronne: Popsugar en Yahoo!

Lees ook