FOTO: Mario Testino 
Instagram kensingtonroyal

FOTO: Mario Testino Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

Prins George is opgewonde oor Kersfees!

Hoewel vanjaar nie prins George se eerste Kersfees is nie, is dit wel die eerste keer dat dié tweejarige weet waaroor die groot dag gaan. Sy pa, prins William, sê sy eersteling gaan heel moontlik soos ’n haas op en af spring voor die familie-feesvieringe, berig Hello! 

William sien ook daarna uit om sy jongste, prinses Charlotte, se eerste Kersfees te herdenk en voeg by dit sal fantasties wees indien dit sneeu, aangesien hulle jare laas ’n wit Kersfees gehad het.

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop  FOTO: Instagram  kensingtonroyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop
FOTO: Instagram kensingtonroyal

Die koninklike gesin sal eers saam kerk toe gaan en daarna geskenke by die huis oopmaak.

William en Kate sal nie vanjaar Kersdag met die koningin en die koninklike familie in Sandringham in Norfolk deurbring nie. Hulle sal die dag by Anmer Hall geniet saam met Kate se familie.

Volgens Daily Mail het William dié inligting met ’n joernalis-in-wording gedeel. Sophia Kichou (24) het dié groot onderhoud losgeslaan dansky ’n belofte wat Willam vier jaar gelede aan haar gemaak het toe sy haweloos was.

In 2011 het die prins ’n sentrum vir haweloses besoek, waar Sophia hom van haar joernalis-drome vertel het. Hy het gesê as sy haar doel bereik, sal hy ’n spesiale onderhoud aan haar toestaan.

William is duidelik ’n man van sy woord.

Bronne: Daily Mail en Hello!

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!