Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins George raak ouboet in April 2015

William en Kate se tweede kind gaan na verwagting in April 2015 hier wees, berig Hello!.

Clarence House het dié nuus vandag bevestig. Die koninklike woordvoerder het ook gesê dat Kate steeds aan erge oggendnaarheid ly, maar dat daar al beterskap is.

Soos met haar eerste swangerskap ly Kate aan hyperemesis gravidarum’n toestand van erge oggendnaarheid wat omtrent 3% van swanger vroue tref. (bron: www.babycentre.co.uk). Lees HIER wat sê ’n Johannesburgse ginekoloog hieroor.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dié aankondiging beteken dat Kate verby die 12-week-merk is. Na verwagting sal sy môre saam met haar man die president van Singapoer en sy gade namens die koningin ontmoet. Kate wou al voorheen haar amptelike take weer opneem, maar die oggendnaarheid het dit nie moontlik gemaak nie.

Kate gaan ook môre in haar hoedanigheid as beskermheer van die Natural History Museum die prys aan die Buitelewe-fotograaf van die Jaar oorhandig – ons wonder of daar al ’n klein baba-maag te bespeur gaan wees …

Bron: Hello!

Lees ook