Die eerste amptelike familiefoto saam met prins George. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die eerste amptelike familiefoto saam met prins George. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Prins George se doop

Presies 3 maande na dié klein prins se geboortedag, is die wêreld weer in rep en roer: prins George is gedoop.

Dié koninklike doopplegtigheid het by die koninklike kapel in die St. James-paleis plaasgevind en prins George is deur die Aartsbiskop van Canterbury, Justin Welby, gedoop. Al was dit ’n feestelike geleentheid, was daar ook hartseer herinneringe, omdat ’n gedeelte van prinses Diana se begrafnisdiens ook in dié kapel gehou is.

Water van die Jordaan-rivier in Israel was gebruik om George mee te doop. En na afloop van die plegtigheid het William en Kate ’n klein geselligheid vir die gaste by hul koninklike woning hou. Die gaste kry elkeen ’n stukkie van die doopkoek wat uit ’n laag van dié egpaar se troukoek bestaan het.

Hier is ‘n foto van die beeldmateriaal wat op CNN verskyn het:

baby

Prins George op CNN (FOTO: Instagram)

Vir nóg foto van vandag se doop, klik by dieburger.com

Die dooprok

Prins George is die eerste koninklike wat nie die dooprok gedra het wat elke koninklike vir die afgelope 167 by hul doop gedra het nie. Dié oorspronklike rok is in 1841 vir die eerste keer gedra toe koningin Victoria dit vir haar oudste dogter laat maak het. Meer as 30 koninklikes is al in dié tradisionele rok gedoop waaronder prinse Charles, William en Harry.

Die laaste koninklike wat in dié gewaad gedoop is, was Britse adelikes se dogter in 2004. Daarna is besluit dié rok is te oud en delikaat om weer gebruik te word. Koningin Elizabeth het gevra dat ’n presiese replika van dié rok gemaak word wat in 2008 voltooi is. Prins George is die eerste een om in dié nuwe rok gedoop te word.

Prins George se dooprok was ’n roomkleurige sy-satyn rok met kapmoutjies en ’n katoen-kant deklaag. Dié rok is ontwerp om soos koningin Victoria se trourok te lyk waarmee sy in 1840 met prins Albert getrou het.

Die gaste

Omdat ’n koninklike doopplegtigheid ’n baie intieme en familie-georiënteerde geleentheid is, was net die naaste vriende en familie genooi. Onder die gaste wat die doopplegtigheid bywgewoon het, was die koningin en haar man, prins Phillip (die hertog van Edinburgh), prins Charles, Camilla en prins Harry. Kate se ouers en Pippa en al die peetouers (lees wie is gekies onderaan dié artikel) met hul gades het ook die geleentheid bygewoon.

Die fotograaf

Die Hollywood-fotograaf Jason Bell is deur William en Kate aangestel om prins George se amptelike doopfoto’s te neem. Die koninklike woning, Clarence House, het onlangs aangekondig dat Jason Bell die foto’s vóór, tydens en ná die doopplegtigheid sou neem.

Jason is ’n fotograaf vir onder andere die Britse en Amerikaanse Vogue en doen gereeld fotosessies vir bekendes waaronder David Beckham, Scarlett Johansson, Johnny Depp en Nicole Kidman.

Die peetouers

Die hertog en hertogin van Cambridge het vroeër die maand die peetouers van klein George bekend gemaak. Hulle het drie van hul naaste skool- en universiteitsvriende gekies vir dié rol rol. Oliver Baker en Emilia d’Erlanger was saam met William en Kate op universiteit en Hugh van Cutsem het saam met William groot geword. Jamie Lowther-Pinkerton, die koninklike egpaar se voormalige sekretaris en William se niggie, Zara Tindall, het ook die “peetouer-titel” gekry. Julia Sameul, een van Diana se beste vriendinne, is ook een van George se peetouers.

Vir nóg FOTO’S – klik by dieburger.com

Kyk hier na foto’s van ander koninklike doopplegtighede

 

Bronne: Vogue,  Hello Magazine, The Telegraph